Tiener in Kaapstad doodgeskiet

ʼn Tiener is Donderdagoggend in Kaapstad doodgeskiet.

Majidie Abrahams, ʼn ANC-raadslid, was op die toneel en sê die seun het glo brood gaan koop toe hy voor sy huis naby Hoërskool Lotus doodgeskiet is.

“Die kind se liggaam het ontbloot in die straat gelê en ander kinders was te bang om skool toe te gaan. Dit is vermoedelik  ʼn bende-verwante moord. Die situasie hier is gespanne, hier is gereeld gevegte oor gebiede om dwelms te verkoop,” het Abrahams gesê. Abrahams sê die bendegeweld duur al vir agt maande lank voort.

“Die polisie kan bevestig dat die voorval in Ottery plaasgevind het. Die voorval word ondersoek,” het kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, gesê. Die tiener se ouderdom is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.