Tiener in motorfietsongeluk beseer

ʼn 19-jarige man is ernstig beseer ná hy op sy motorfiets in ʼn kruising in Vanderbijlpark teen ʼn ander voertuig gebots het. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Andre Visser, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die jong man was in erge pyn toe paramedici op die toneel kom. Hy het verskeie beserings opgedoen en daar word vermoed dat hy rug en nekbeserings het. Sy regterbeen is ook gebreek.

Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.