Tiener in Oos-Kaap verkrag

ʼn 16-jarige tiener is Maandagaand glo in die Oos-Kaap verkrag.

Maj. Zamakulungisa Jozana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die voorval het in Nchihana in Elliotdale plaasgevind. “Die meisie was op pad na haar huis toe, toe sy ʼn man ontmoet het wat glo graag met haar wou gesels. Hy het haar glo in sy huis in gedwing waar hy haar verskeie kere verkrag het,” het Jozana gesê.

ʼn Saak van verkragting word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.