Tiener kry tronkstraf ná hy suster verkrag

ʼn Tiener is Donderdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy sesjarige suster verkrag het.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, sê die 15-jarige seun is in die Esikhawini-landdroshof aan verkragting skuldig bevind.

“Die seun het sy suster verlede jaar in Desember verkrag toe hul grootouers kerk toe gegaan het,” het Zwane gesê.

Die dogtertjie het geslaap voor die boetie haar verkrag het. “Die kind se ouma het ná die voorval gesien haar kleindogter loop “snaaks” en het haar konfronteer, waarna die meisie gesê het haar boetie het haar verkrag,” het Zwane bygevoeg.

Die tiener is in hegtenis geneem en word in ʼn plek van veilige bewaring aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.