Tiener leef toe sy brand

Steyn tydens sy verskyning op 13 Desember in die Krugersdorp streekshof. Foto: Werner Beukes/SAPA

Louise de Waal (17) het nog gelewe toe sy aan die brand gesteek is, het die hooggeregshof wat in die Palm Ridge-landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit gister gehoor.

Johannes Jacobus Steyn, die sogenaamde “Sondagverkragter”, word aangekla van die moord op De Waal. Gina Rowe, ʼn forensiese deskundige wat die lykskouing op De Waal gedoen het, het getuig dat roet en bloederige skuim in Louise se lugpyp gevind is en dat dit daarop dui dat sy nog asemgehaal het toe sy aan die brand gesteek is. De Waal se ma, Shereen, het na haar asem gesnak en haar hande oor haar mond gesit toe die besonderhede bekendgemaak is. Rowe het egter getuig dat daar nie baie roet in De Waal se lugpyp gevind is nie en dat dit moontlik was dat sy reeds haar bewussyn verloor het. Sy het ook die ander gru-bevindinge van die lykskouing bekendgemaak, insluitend dat De Waal se kopvel erg verbrand was en dat haar tong uitgesteek het. Terwyl Rowe deur ʼn boekie met foto’s van De Waal se verkoolde liggaam geblaai het, het ʼn familielid Shereen se oë toegehou. “Moenie kyk nie, moenie kyk nie,” is daar aan haar gesê. Die regter het voor Rowe se getuienis vir Shereen gevra of sy die hofsaal wil verlaat. “Ek wil bly. Ek sal opstaan as ek moet,” het Shereen geantwoord.

Tydens ‘n binneverhoor oor die toelaatbaarheid van ’n verklaring wat Steyn op 14 Oktober voor ’n landdros afgelê het , het Steyn se regsverteenwoordiger Anton Lerm aangevoer sy kliënt is gedwing om ʼn inkriminerende verklaring af te lê. “As hy nie saamgespeel het nie sou hy germartel word,” het Lerm aangevoer. Die verhoor en binneverhoor duur vandag voort.

Steyn (35) staan tereg op twee aanklagte van moord, 11 aanklagte van verkragting, 10 aanklagte van seksuele aanranding, een van poging tot seksuele aanranding, 10 aanklagte van ontvoering, een van poging tot onvoering en twee aanklagte van aanranding. Steyn word aangekla van die moord op De Waal en Lazanne Farmer (14). De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn het hom die volgende dag by die Margate-polisiestasie in KwaZulu-Natal oorgegee. Farmer en ’n 16-jarige vriendin is Sondag 5 September 2010 in Elandspoort in die weste van Pretoria ontvoer. Farmer het uit die ontvoerder se bakkie na haar dood gespring. Haar vriendin is glo hierna in ’n beboste gebied verkrag. Steyn se jongste slagoffers was glo twee 11-jariges. Die “Sondagverkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.