Tiener moor glo man met gebreekte bierbottel

bierbottel2ʼn 29-jarige man van Johannesburg is Maandagoggend met ʼn gebreekte bierbottel doodgesteek nadat hy glo in ʼn argument met ʼn tiener betrokke geraak het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 18-jarige tiener is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die voorval het omstreeks 02:00 op die hoek van Kruis- en Pritchardstraat in Johannesburg plaasgevind. “Die 18-jarige het saam met sy meisie van ʼn kroeg af geloop toe hy na bewering begin het om haar aan te rand,” het Mbele gesê. “Sowat vyf mans het tot die meisie se redding gekom, waarna die verdagte die 29-jarige met ʼn gebreekte bierbottel in sy bolyf gesteek het.”

Die slagoffer was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die verdagte moet binnekort in die Johannesburgse landdroshofverskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Willy ·

O edelvog van dit kry party nooit genog.
Ek hoop die ander vier het hom ‘n ding of twee gewys dat hy lus voel vir niks.

Trippie ·

Wat soek twee 18-jariges by ‘n kroeg ?

Op 18 reeds ‘n rotter … en moordenaar – TSK !

jASPER ·

Eers is hy n tiener dan n verdagte. En na vonnisoplegging n prisonier of gevangene. Maar nooit sal sal hulle die satan n MOORDENAAR noem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.