Tiener ontvoer, romantiese ‘mededinger’ vermoor

‘n Man van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir die ontvoering van sy tienerjarige eksmeisie en die moord van ‘n ‘mededinger’.

“Die 26-jarige man is Saterdag na sy voormalige meisie (16) se huis in Butterworth,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Sy het glo sit en televisie kyk saam met haar ouer suster. “Hy was met ‘n mes bewapen en is saam met die 16-jarige daar weg.”

Die man is Sondag glo na ‘n ander gebied en het ‘n 48-jarige man met ‘n mes doodgesteek. “Na bewering was die 26-jarige onder die indruk dat die slagoffer en die 16-jarige in ‘n verhouding was,” het Manatha verduidelik. Die polisie het die verdagte opgespoor en in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Die ontvoerde tiener is weer met haar gesin herenig. “Sy is ongedeerd,” het Manatha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.