Tiener praat oor ‘ontvoering’

Kaylene Lewis

Kaylene Lewis, die 14-jarige skoolmeisie wat deur ‘n 35-jarige man op Facebook oorreed is om saam met hom te verdwyn, het haar stilswye verbreek oor die voorval.

Die Sunday Tribune berig dat Lewis geskok was toe sy die man die eerste keer ontmoet het aangesien hy aan haar gesê het dat hy 17 jaar oud is. Lewis het aan die koerant gesê dat sy nie kon glo dat iemand wat “slegte” goed doen steeds “goed” kon wees deur seker te maak sy kry kos en klere hoewel sy teen haar wil gehou is nie. Jean Lyle Oliver is Woensdag deur die polisie in hegtenis geneem en van ontvoering aangekla. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Lewis het die 35-jarige man verlede jaar op Facebook ontmoet. Sy het ingestem om op 19 Mei saam met hom te verdwyn. “Nadat ek my tasse gepak het om saam met hom weg te hardloop het ek getwyfel, maar aan myself gesê dit is nou te laat vir omdraai. Ek het die gevoel gehad iets is nie reg nie toe ek in sy motor geklim het. Dit was die eerste keer wat ek hom gesien het en hy was baie ouer as wat hy voorgegee het.” Lewis se skielike verdwyning het ʼn landswye soektog deur die polisie en private ondersoekers tot gevolg gehad. Die polisie het Woensdag op die man se huis in Malvern, Durban toegeslaan waar Lewis in ʼn bos agter die huis gevind is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.