Tiener probeer selfmoord pleeg oor “slet-lysie”

ʼn Durbanse tienermeisie het probeer selfmoord pleeg nadat haar naam op ʼn sogenaamde “slet-lysie” geplaas is, wat op die Blackberry-boodskapdiens (BBM) en Facebook versprei is.

IOL berig dat die meisie verlede Woensdag gesien het haar naam is op die lysie en toe ʼn mengsel van huishoudelike produkte en petrol gedrink het om te probeer selfmoord pleeg. Sy is na die hospitaal gehaas en is Sondag ontslaan. Die “slet-lysie” is vroeër vanjaar deur iemand op BBM begin met die name van 10 meisies van Wentworth in Durban. Meer name is later bygevoeg soos die lys versprei het. Intussen het die ma van ʼn 17-jarige meisie, wie se naam ook op die lys verskyn, ʼn beroep gedoen op ouers om op te staan teen kuberteistering. “Die verspreiding van die lys is vernederend en geen tiener hoef die soort pyn en hartseer te verduur nie.” Die polisie het intussen ʼn beroep gedoen op ouers om kuberteistering aan te meld.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.