Tiener ry twee dood tydens plesierrit

ʼn 16-jarige tiener van Gauteng het vroeër die week tussen vier meisies ingejaag nadat hy met sy ouma se motor ‘n plesierrit geneem het.

Kaptein Manyadza Ralidzhavha, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die ongeluk het in Ivory Park, naby Tembisa, plaasgevind.

“Die tiener het sy ouma se voertuig sonder haar toestemming geneem. Hy het Maandag omstreeks 17:00 in Ebony Park rondgery toe hy in die vier meisies, tussen agt en nege jaar oud, vasgery het. Twee meisies is op die toneel dood, en die ander twee is in ʼn ernstige toestand na die Tembisa-hospitaal geneem,” het Ralidzhavha gesê.

Die tiener het reeds in die Tembisa-gesinshof verskyn en is in die sorg van sy ouers vrygelaat. Hy moet weer op 28 November in die hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag, bestuur sonder ‘n lisensie, roekelose of nalatige bestuur en die gebruik van ‘n voertuig sonder die eienaar se toestemming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.