Tiener skiet vriend glo dood

ʼn Tiener van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriend per ongeluk doodgeskiet het.

Kaptein Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die 13-jarige tiener van Umlazi, suid van Durban, is Vrydag in hegtenis geneem.

“Die seun het vir sy vriend, Siyabonga Madela (14), ʼn geweer gewys toe dit afgegaan en Madela in die kop getref het,” het Zwane gesê. Madela is onderweg na die hospitaal dood.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen. Die seun word van moord aangekla en moet vandag in die Umlazi-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.