Tiener sluk per ongeluk “tongring” in

Argieffoto

Argieffoto

Hayley Mann, ‘n 12-jarige van Mulbarton in Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat sy ‘n vals magneet-tongring ingesluk het, berig EWN.

Mann en haar vriende het die klein ronde magneetballetjies vir tongringe gebruik. Hulle het mekaar ontmoet om ‘n fliek te sien en Mann het vergeet om die magnete uit te haal. Sy het dit ingesluk. Volgens EWN het dokters langer as 90 minute aan Mann opereer om die magnete te verwyder.

Volgens dokters sou Mann se ingewande begin perforeer het as die magnete nog ‘n dag of wat langer in haar liggaam gebly het.

Precious Matsoso van die departement van gesondheid sê kinders het vantevore met kwik gespeel en dit is gevolglik verbied. “Dit is nie speelgoed nie, so mens moet kinders nie toelaat om daarmee te speel nie, veral nie as hulle dit per ongeluk kan insluk nie,” het Matsoso aan EWN gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Seg Net ·

Dag seg Leana Ek stem saam, dit is sekerlik ook nie baie higiënies nie. Dan kry mens hierdie ringe op plekke wat mens nie op die forum kan noem nie, te privaat. Nee magtig die jeug van vandag. Nou so geseg moet nie die orige ou tannies weggooi nie.

Trippie ·

Dag se julle twee.

Stem saam, om die dood kan ek nie met iemand in gesprek tree OF eet wat hierdie goed in hul tonge het of die neusring nie !

Self het ek geen gaaitjies nie, nie eers oorringetjies nie. Enigste vrou in ons familie wat nie oorringetjies het nie.

leana ·

Dag se Seg en Trippie

Lol Seg jy praat van die nou van die vrouens met die tongringe op snaakse plekke. Het al gehoor van mans wat een of ander prins ding laat doen. Hoe, moet julle my nie vra nie. Ek ken maar net die oorringe. Dit was al deksels seer om in te skiet.
Die tongringe beskadig ook die jonges se tande Trippie.

Trippie ·

Prins-ding … hehehe. Nee gits,dis … GROSSSSSS.

Het gehoor die tongring kan tot kanker ook lei.

Seg Net ·

Julle praat nou so. Ek het in Leeukop gevangenis hier by 1976 se kant ‘n gevangenis gesien met bolletjies wat van ‘n tandeborsel se handvatsel gemaak is en sy hele ou voogel daarmee versier lyk soos ‘n, nee ek weet nie wat nie.
Mense doen snaakse goed.

Jasper ·

Laat dit n les wees,nou kan sy haar aandag by beter dinge bepaal.

Trippie ·

Jy al gehoor hoe sukkel mense om hul woorde ordentlik uit te spreek met die gedoente in hul tonge ?

Ek draai om en loop weg, verloor heeltemal belangstelling in gesprek.

Willy ·

Trippie, nie net by gesprekvoering nie. Soos ‘n emmer koue water wanneer mens daardie koue kolletjie voel.

De Boer ·

Die kind is sekerlik Engels, met moerse liberale ouers wat tatoeering en goed soos tongringe goedkeur. Tongringe is net daar vir een doel en ‘n 12 jarige meisietjie behoort GLAD NIE sulke goed te dra nie!

Seg Net ·

Hierdie ring ding is mos amper so oud soos die mensdom self. Of is ek nou verkeerd?

leana ·

Hehe, Cleopatra het ook seker ‘n neusring gedra. Die ringe ding kom seker van die dae af toe die mans hulle vrouens se blikbroeke “toegesluit”het, as hulle na die slagvelde vertrek.

Willy ·

Haha toe die “bolt cutters” uitgevind word toe verdwyn die blikbroeke en die Russiese trouringe kom toe aan die beurt.

Seg Net ·

Leana wonder hoe het hulle daardie blik broeke oopgesluit as die sleutel weg geraak het of as die man nie teruggekom het nie. Sien al as die sleutel weg is hoe hy daardie broek probeer afkry as die lus vir die oorhand kry na maande weg van die huis. Is dit nie hoe die blikoopmaker sy ontstaan gekry het nie?
Die oer oue stamme van die Amasone het bamboese, horings, bene en goed deur hulle ore, neuse tong, tepels gedruk so niks nuut nie.

leana ·

hahaha Seg net, dalk ‘n loper gebruik. Wonder nogal hoe hulle no 1 en 2 gedoen het.

Seg Net ·

Nou as daardie slot so geroes het van die sout water is dit seker ‘n ander storie. En die klankie as daardie broek die slag af kom.

Seg Net ·

Sien dit is net ons nuwes wat die meeste praatwerk doen, hier en op Praag. Nuus op Praag maar skraps. Goeie nagrus aan julle almal , jou ook Willy ek sien jy praat nie met my nie.
Praat weer more.

Waaksaam ·

12 jaar oud en haar ouers laat dit toe !! Dis VERKEERD, en klaar (nie eers te praat van hoe kommin dit is nie)
sy klink vir my gans en al te groot vir haar pram.
Hoop maar die ouers dink verder as hulle neuse, en kry haar maar solank op die pil ook !

Melissa ·

Dis nie ‘n regte tong ring wat ingeskiet word nie, dis ‘n fake tong ring met 2 magneet balletjies, haar ouers het seker nie eers geweet sy dra dit nie! Waar kom die kinders aan hierdie nonsense?

Waaksaam ·

nee die vet weet Melissa … hoop sy gaan tenminste gehok wees tot sy 16 is – lol !

Rika Kotze ·

Tongring of magnete, ewe verkeerd, hoekom met die goed in jou mond speel as dit soveel skade kan berokken – die ouers is dalk oningelig of weet beslis nie wat hulle kind doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.