Tiener spoel glo fetus in toilet af

ʼn Tiener van KwaZulu-Natal is vandeesweek in hegtenis geneem nadat sy ʼn sewe maande oue fetus, wat geaborteer is, glo in ʼn toilet afgespoel het.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die 18-jarige meisie is in KwaMashu, noord van Durban, in hegtenis geneem. “Die polisie is na die meisie se huis ontbied nadat iemand by die huis vermoed het dat sy die fetus in die toilet afgespoel het. Die polisie het die toilet oopgebreek en op die fetus afgekom,” het Zwane gesê.

Die meisie is na ʼn hospitaal geneem waar sy onder polisiebewaking is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van verberging van geboorte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marietjie ·

Hoe siek is die samelewing nie….. Oor 2maande sou daai baba perfek gebore word….. En die sogenaamde ‘tienner ma’ gaan net mooi niks oorkom nie. Voor sy haar oe uitvee teel sy weer aan…… Daar is soveel klinieke, hospitale, inrigtings waar sy die baba kon gaan afee het, sonder enige vrae…. Dis barbaars! Sy is n barbaar, want n ‘ma’ sal dit nooit doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.