Tiener sterf na bakkie hom omry

Foto: ER24

ʼn Tienerseun is dood en sy vriend is ernstig beseer nadat hulle Woensdagmiddag deur ʼn bakkie omgery is in Johannesburg.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die seuns, albei in hul skooluniforms, wou ʼn pad in Bezuidenhout Valley oorsteek toe hulle deur ʼn Corsa bakkie omgery is. Sy sê die ongeluk het omstreeks 15:30 gistermiddag plaasgevind naby die kruising van 10de Laan en Broadwayweg. Jackson sê die twee seuns het doodstil langs mekaar in die pad gelê toe paramedici op die toneel aangekom het. ʼn 15-jarige seun is op die toneel dood verklaar terwyl sy 13-jarige vriend in ʼn kritieke toestand na die Bedford Gardens-hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die bestuurder van die bakkie is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.