‘n Tiener is dood nadat hy van ‘n krans in die Helderberg-natuurreservaat in Somerset-Wes geval het.
Die voorval het Donderdag by die Woodies Walk Track plaasgevind, berig EWN. “Die 17-jarige het aanvanklik die val oorleef, maar is net daarna dood,” het Kerri Davids, woordvoerder van die nooddienste, gesê. “Ons het gesukkel om by die plek uit te kom. Ná ‘n uurlange soektoeg het die persoon wat by die pasiënt was, geskakel om te sê hy het aan sy ernstige beserings beswyk.”