Tiener sterf toe hy by krans afval

Foto geneem tydens die Helderberg Mountain Challenge op 20 Mei 2012 by Helderberg-natuurreservaat in Somerset-Wes. Foto: www.wildrunner.co.za

‘n Tiener is dood nadat hy van ‘n krans in die Helderberg-natuurreservaat in Somerset-Wes geval het.

Die voorval het Donderdag by die Woodies Walk Track plaasgevind, berig EWN. “Die 17-jarige het aanvanklik die val oorleef, maar is net daarna dood,” het Kerri Davids, woordvoerder van die nooddienste, gesê. “Ons het gesukkel om by die plek uit te kom. Ná ‘n uurlange soektoeg het die persoon wat by die pasiënt was, geskakel om te sê hy het aan sy ernstige beserings beswyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.