Tiener tydens rooftog by winkelsentrum raakgeskiet

Golden Walk-winkelsentrum in Germiston

ʼn 16-jarige seun is beseer toe hy Dinsdag omstreeks 11:30 by die Golden Walk-winkelsentrum in Germiston, Johannesburg, raakgeskiet is.

“Een verdagte wou glo ‘n Sterns-juwelierswarewinkel in die sentrum beroof toe ‘n ooggetuie buite die winkel die voorval aanskou en dadelik die sekuriteitsbeampte ontbied het,” het ao André de Jager, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. Die verdagte het glo kontant en juwele geëis. “Die verdagte het uit die winkel gehardloop sonder om enigiets te steel. Hy het ‘n medepligtige buite die winkel ontmoet en die twee het twee skote afgevuur. ‘n 16-jarige seun is tydens dié skietery in sy regterbobeen gewond.”

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die seun is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Germiston geneem.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het De Jager bygevoeg. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.