Tiener van Oos-Londen sedert Sondag vermis

ʼn Tiener van Oos-Londen word sedert Sondag vermis nadat hy glo deur ʼn seestroom meegesleur is terwyl hy gaan swem het.

Geoff McGregor, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Oos-Londen tak, sê hulle het Sondag omstreeks 12:30 ʼn oproep ontvang dat die 17-jarige seun by Oostelike Strand deur ʼn seestroom in die see ingetrek is.

Die NSRI en plaaslike owerhede het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur.

“Ten spyte van al ons pogings, kon die seun nie opgespoor word nie. Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin,” het McGregor gesê.

Die polisie se duik- en honde-eenheid het die soektog Maandag voortgesit, maar daar was nog geen teken van die seun teen Dinsdagoggend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.