Die polisie van Welkom in die Vrystaat is op soek Geraldine van der Merwe (18) wat Maandag vermis geraak het.
OFM berig Van der Merwe is Maandagoggend vir die laaste keer gesien toe sy skool toe gery het, maar nooit daar opgedaag het nie.
Die polisie het die publiek versoek om op die uitkyk te wees vir haar voertuig, ʼn wit Opel Corsa, met die registrasienommer CYR 368 FS. Mense met inligting kan met die polisie by 10111 in verbinding tree.
ʼn Vermiste persoon-saak is by die polisie aanhangig gemaak.
Bron: OFM
Hoop hulle vind haar gou, maar hoop ook dat sy nie weggeloop het, en almal verniet die skrik op die lyf jaag nie,
Hoop sy kom veilig terug. Sterkte aan haar familie.