Tiener vas ná baba se ontvoering

Jashmea Albertus Foto: Deur die SAPD aan EWN verskaf

ʼn Tienermeisie wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn twee maande oue baba ontvoer het, is Donderdag in Wellington in hegtenis geneem.

“Die baba, Jashmea Albertus, was ongedeerd,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder vir die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Sy sal aan haar ma terugbesorg word.”

Die tiener sal tot haar verskyning in die hof aangehou word. Die polisie ondersoek die saak.

Die baba het verdwyn nadat ʼn 17-jarige, wat slegs as Bronwin bekend is, aangebied het om die baba Woensdag omstreeks 16:00 na ʼn tannie toe te neem. Die tiener het met die baba verdwyn.

Lees ook:
Tiener het glo baba ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.