Tiener vas ná ma se wrede moord

Sharon Aydelott (Facebook) en Brandon Aydelott

Sharon Aydelott (Facebook) en Brandon Aydelott

ʼn Tiener van Florida in Amerika word van sy ma se moord aangekla nadat haar liggaam opgespoor is met ʼn kombuismes wat by haar oogkas uitsteek.

Sharon Aydelott is op Oukersaand dood aangetref in haar huis in Gulf Breeze nadat sy ʼn paar keer met ʼn mes gesteek is, met ʼn bofbalkolf aangerand is en haar keel afgesny is, berig Northwest Floriday Daily News.

Die voordeur was glo vol bloed en Aydelott se liggaam het in die huis gelê toe ondersoekbeamptes by die toneel opgedaag het.

William Brandon Aydelott, die slagoffer se 17-jarige seun, is drie ure later by ʼn naburige huis aangetref. Sy klere was skoon, maar die polisie het ʼn droë bloedspatsel op sy gewrig opgemerk.

Hy het glo kalm skuld beken op die moord toe die polisie hom ondervra het. Hy het glo uit die huis uitgetrek nadat die verhouding met sy ma in September versuur het.

Sharon was ʼn wetenskap-onderwyseres by ʼn laerskool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Sjoe, dis tragies. Hetsy wat sy rede, of die haat wat hy jeens sy Ma gekoester het, regverdig dit nie wat hy gedoen het nie die klein barbaar.
Die arme vrou het nie besef dat sy haar “moordenaar” groot gemaak het nie.
Mag die klein drek vir ewig in die tronk gegooi word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.