Tiener vas oor onthoofde lyk

handcuffs3-320x257ʼn 17-jarige seun is in Ravensmead, Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn onthoofde lyk in ʼn klaskamer by ʼn verlate skool gekry is.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die polisie vermoed dat satanisme betrokke kan wees. “Die grusame ontdekking kom na ‘n deeglike ondersoek rakende die omstandighede van die moord. Dit het speurders gelei na ʼn adres in Connaughtstraat in Ravensmead.” Traut sê die vermiste kop is in die tuin van die verdagte se huis opgegrawe. Hy sê aandenkings wat by die verdagte se huis gevind is dui daarop dat satanisme moontlik die motief vir die moord was. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Parow-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.