Tiener vas vir moord op meisie

‘n 18-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo Sandy Smith (19) met ʼn kombuismes gesteek en doodgemaak het.

Volgens kaptein Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het die voorval Saterdag in Dysselsdorp, in die Wes-Kaap, plaasgevind.

“Die twee het glo ʼn argument gehad, waarop die verdagte ʼn kombuismes gevat en die meisie in haar bobeen gesteek het,” het Pojie gesê.

Die tiener het te voet van die toneel gevlug. Toe hy later terugkeer het, was Smith dood. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en bly in aanhouding totdat hy binnekort in die Oudtshoorn-landdroshof op ʼn aanklag van moord sal verskyn.

“ʼn Lykskouing sal later die week gehou word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Die ondersoek duur nog voort,” het Pojie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.