Tiener vas wat Paul Walker-wrakstuk steel

Paul Walker

Paul Walker

Foto’s van die ongelukstoneel en ‘n foto van Walker by die Porsche, enkele minute voor die ongeluk, volg onderaan  die berig. ʼn Tiener is in hegtenis geneem nadat hy gedeeltes van die wrak van die Porsche, waarin die akteur Paul Walker omgekom het, gesteel het.

ʼn Tweede verdagte beplan glo om homself oor te gee, het owerhede gesê.

Die diefstal het plaasgevind toe die 2005 Porsche Carrera GT Saterdagaand van die ongelukstoneel in Kalifornië, Amerika, weggesleep is.

Maroela Media het vroeër berig Paul Walker, akteur van The Fast & The Furious-faam, en sy vriend Roger Rodas, is Saterdagmiddag in die motorongeluk oorlede. Rodas het die motor bestuur. Klik hier om meer te lees.

Die ondersoek het speurders gelei tot die 18-jarige Jameson Witty, wat Donderdag by sy huis in Los Angeles in hegtenis geneem is. Hy word op borgtog van $20 000 aangehou. ʼn Tweede verdagte, ʼn 25-jarige man wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is buite Kalifornië en onderhandel glo tans sy oorgawe.

Ooggetuies het aan die speurders gesê hulle het gesien hoe iemand agter die sleepvoertuig ry. ʼn Man het glo uit die motor geklim toe die vragmotor by ʼn verkeerslig stilgehou het. Die man het glo ʼn stuk van die wrak gegryp en weggejaag.

Speurders het die twee verdagtes uitgeken nadat hulle ʼn lasbrief bekom het en ʼn gedeelte van die rooi dakpaneel in ʼn huis in Canyon County opgespoor het. Die polisie het nie aangedui hoe hulle op die twee mans afgekom het of watter getuienis hulle teen die verdagtes het nie.

Die speurders sal glo met die staatsaanklaer vergader om die aanklagte te bespreek.

Die motor het eers ʼn lamppaal en toe ʼn boom getref voordat dit aan die brand geslaan het.

Ondersoekbeamptes probeer steeds bepaal wat daartoe gelei het dat Rodas beheer verloor het oor die voertuig en die ongeluk gemaak het.

Die wrak van die Porsche waarin Paul Walker verongeluk het.

Die wrak van die Porsche waarin Paul Walker verongeluk het.

Die wrak word weggesleep

Die wrak word weggesleep

'n Foto van Paul Walker by die Porsche enkele minute voor die ongeluk

‘n Foto van Paul Walker by die Porsche enkele minute voor die ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.