ʼn Tienerseun het Woensdagmiddag by Thompsonbaai naby die Wildekus in KwaZulu-Natal verdrink.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die seun het saam met ʼn vriend gaan swem toe hy in die moeilikheid beland het. “Sy vriend het hom probeer help maar moes op die einde ook gered word nadat hy ook in die moeilikheid beland het.” Botha sê toe paramedici op die toneel aangekom het, het omstanders reeds die twee tienerseuns, albei glo 14 jaar oud, uit die water gehaal. Een van die seuns is op die toneel dood verklaar. Die ander seun is na ʼn hospitaal in Port Shepstone vervoer vir verdere behandeling.