ʼn 15-jarige seun het Sondag naby Pietermaritzburg verdrink terwyl hy ʼn kind uit ʼn sloot gered het, het The Witness Maandag berig.
Khethokuhle Dlamini het saam met ʼn groep vriende gespeel toe hulle die kind in ʼn sloot naby Slangspruit in Imbali om hulp hoor roep het. Die sloot is gegrawe om ʼn rioolpyp te installeer en was vol water.
Dlamini het in die sloot gespring en die kind gered, maar het daarna onder die water verdwyn en nie weer uitgekom nie.
“Dit is nie die eerste voorval van dié aard nie. Verlede jaar het twee kinders ʼn paar meter van hul huise af verdrink. Dit was veronderstel om die inwoners bewus te maak dat hulle moet omsien na hul kinders se veilligheid,” het raadslid Thokozani Magwaza aan die koerant gesê.
SAPA
Die stadsraad moet die gate mos bedek sodat niemand daarin kan val nie ….dit was nalatigheid…
die kind het sy lewe op geoffer om iemand ander sin te red. Hy is n held. die ouers moet stadsraad verantwoordelik gehou word omdat daar niks aan die situasie gedoen word nie. maar in my oe is daai seun n held