Tiener verkrag glo 3-jarige in badkamer

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 16-jarige tiener van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn driejarige meisie in ʼn badkamer verkrag het.

Ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die beweerde verkragting het by die Jabulani-koshuis in Soweto plaasgevind. “Die meisie het Dinsdagaand saam met ander kinders gespeel toe die tiener haar glo na ʼn gemeenskaplike badkamer geneem en daar verkrag het,” het Makhubela gesê. “Haar ouers het by die badkamer ingestap en hom glo op heterdaad betrap.”

Die meisie is vir mediese behandeling opgeneem. Die tiener is in hegtenis geneem en na ʼn plek van veiligheid geneem. Hy sal na verwagting Donderdag in die Protea-landdroshof verskyn. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Hoe die hel kan ‘n koshuis ‘n gemeenskapilike baskamer hê??? Dit beteken kinderstjie van drie (meisies) en mans van 18 deel dieselfde badkamer??? As Zuma nie Nkandla gebou het nie, was daar twee badkamers by daai skool gewees. SIEK!!! SIEK!!! SIEK!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Amy,

Dit is nie ‘n “koshuis” in die ware sin van die woord nie, dit is “hostel”-tipe behuising.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Slim Daan ·

Waar dit presies sou plaasvind is akademies van aard. Punt is, hier’s n “predator ” wat n gevaar inhou ( nou en die toekoms ) vir al wat leef of selfs net beweeg.
Sny af en gooi weg. Of beter nog – maak hom dit eet.

Janine ·

Hy sou beslis in een van die toilette versuip het as ek hom met my kind gevang het. Watwou nog die Polisie bel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.