Tiener vir selfoon vermoor

Argieffoto

ʼn Tienerseun is Dinsdagmiddag voor drie van sy vriende vir sy selfoon doodgeskiet.

Volgens luitenant-kolonel Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het die voorval in Mthatha plaasgevind.

“Vier seuns van ʼn plaaslike hoërskool was onderweg na ʼn saal waar hulle sou gaan studeer toe drie mans hulle aangeval en van die selfoon beroof het,” het Fatyela gesê. Die aanvallers was met ʼn geweer en messe gewapen.

“Die 18-jarige eienaar van die selfoon is geskiet en op die toneel dood. Een van sy vriende is met ʼn mes gesteek en is ernstig beseer. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die ander twee seuns het daarin geslaag om weg te kom en hulp te ontbied,” het Fatyela bygevoeg.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.