Tiener voltooi haar solo-wedvaart

Laura Dekker

ʼn Hollandse tiener het pas die jongste persoon geword om ʼn solo-wedvaart om die wêreld voltooi.

Laura Dekker, 16, is deur ʼn skare toegejuig toe sy in die St Maarten-hawe in die Karibiese Eilande ingevaar het ná sy ʼn jaar lank op see was. Sy het 20 Januarie 2011 met jaar 11.5m boot, Guppy, vertrek. Voor haar vaart het Dekker ʼn hofsaak teen Hollandse maatskaplike dienste gewen wat aangevoer het dat die vaart haar emosionele en maatskaplike ontwikkeling sou skaad. Haar moeder het haar kommer uitgespreek oor haar solo-wedvaart, maar het later haar teenkanting laat vaar. Dekker is op ʼn seiljag aan die kus van Nieu-Seeland tydens ʼn sewe jaarlange wedvaart gebore. Die Guinness Book of Records het besluit om nie meer die “jongste” matroos aan te wys nie weens die omstredenheid rondom Dekker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.