Tiener weer in hof ná mesmoord

Argieffoto

ʼn 15-jarige meisie wat daarvan verdink word dat sy ʼn mede-leerling van haar hoërskool met ʼn mes doodgesteek het, verskyn Dinsdag in die Randfontein-landdroshof.

Maroela Media het in Maart berig tien leerlinge is uit die Lukanyo Sekondêre Skool in Mohlakeng naby Randfontein geskors ná ʼn beweerde sataniese moord op Keamogetswe Sefularo (17). Die verdagte het Sefularo glo op 1 Maart met ʼn mes doodgesteek terwyl die tieners ná skool huis toe gestap het. Sefularo is in die hospitaal aan haar beserings dood.

Die verdagte is later die aand in hegtenis geneem. Sy het die week daarna vir die eerste keer in die hof verskyn, waarna die saak uitgestel is sodat sy psigiatriese toetse kon ondergaan. Sy word sedert die voorval in ʼn plek vir jeugoortreders aangehou.

Die skool het destyds gesê die ander leerlinge is geskors omdat hulle moontlik deelneem aan sataniese en okkultiese rituele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.