Tiener wreed vermoor

Die liggaam van ʼn 18-jarige seun wat wreed vermoor is, is in die Vrystaat opgespoor.

Sers. Puleng Motsoeneng, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die seun se keel asook ʼn deel van sy geslagsdele is afgesny. “Sy liggaam is deur ʼn voetganger in die veld naby die Tshepong-myn in Kutlwanong gekry,” het Motsoeneng gesê. Die voetganger het bloeddruppels gesien en dit gevolg en toe op die gru-toneel afgekom. Die tiener was nog in sy skooluniform en het in ʼn plas bloed gelê.

Die tiener was ʼn leerling aan Hoërskool JC Motume, en is deur die skoolhoof geïdentifiseer as Lerato Samuel Nyama.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.