Tienerbestuurder: Ouers nie vervolg, dodetal styg

Die dodetal van ʼn ongeluk waarin vyf jongmense dood is toe die bakkie waarin hulle gery het in Bushbuckridge in Mpumalanga omgeslaan het, het na sewe gestyg.

Maroela Media het vroeër berig die Nissan Navara-bakkie is glo deur ʼn tienerseun bestuur en het sowat 13 jongmense vervoer. Die bakkie het van Thulamahashe na Dwarsloop gereis toe dit Maandagaand omstreeks 23:40 naby New Forest omgeslaan het. Vyf jongmense is op die toneel dood verklaar terwyl die bestuurder en ses ander mense ernstig beseer is. Lees meer hier.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het intussen gesê nog twee tieners is Dinsdag in die hospitaal oorlede. “Die 16-jarige bestuurder is een van die twee wat dood is,” het hy gesê.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het na die voorval gevra dat die eienaar van die bakkie in hegtenis geneem moet word aangesien sulke ongelukke vermy kan word as jongmense nie toegang tot voertuie het nie.” Mabuze het egter Woensdag bevestig dat die tiener se ouers die voertuig Dinsdag as gesteel aangemeld het. “Die departement gaan nie ʼn saak teen hulle oopmaak nie, maar die polisie gaan wel met hul ondersoek voortgaan,” het hy gesê.

Die slagoffers word nog uitgeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.