Tienermeisie glo ontvoer op pad skool toe

‘n Man het na bewering ‘n tienermeisie op pad skool toe in Roodepoort aan die Wes-Rand ontvoer.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Tshisikhawe Ndou, sê ʼn grys Toyota Hilux-bakkie het Woensdagoggend omstreeks 07:00 langs twee meisies in Rina straat in White Ridge stilgehou. Ndou sê ʼn man het uitgeklim en die tienermeisie beveel om in die bakkie te klim. Toe die meisie geweier het, het hy ʼn vuurwapen op haar gerig terwyl die ander meisie weggehardloop het. Intussen het Missing Children SA die meisie as Louise de Waal geïdentifiseer. Volgens die organisasie is die man wat De Waal ontvoer het glo in sy vroeë 30’s, het hy kort bruin hare en donker oë. Die organisasie sê in ʼn verklaring die verdagte se bakkie het nie nommerplate op nie en dat hy gevaarlik is. De Waal het ‘n rooi en swart romp en ‘n swart trui met ‘n geel kraag gedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.