Tienermeisie tydens betoging doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienermeisie is Maandag tydens ʼn diensleweringsbetoging in Cato Manor in Durban doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê inwoners het Bellairweg omstreeks 04:00 met klippe en bande wat aan die brand gesteek is versper, en ʼn polisievoertuig is ontbied om die skare uitmekaar te jaag.

“Die polisievoertuig kon nie deur al die versperrings op die pad kom nie, en het van ʼn alternatiewe roete gebruik gemaak,” het Naicker gesê. “Nagenoeg 500 mense het die voertuig bestorm. Hulle het die voertuig met klippe gegooi en al die vensters gebreek. Die skare wou die polisiebeamptes uit die voertuig trek.”

Volgens Naicker het die beamptes geweerskote in die skare gehoor, en het hulle skote in die skare ingeskiet, waarna die mense uitmekaar gespat het. Die polisie het lewendige ammunisie gebruik. As hulle nie só opgetree het nie, sou die skare hulle beslis doodgemaak het,” het Naicker bygevoeg. Die voertuig het van die toneel weggejaag en hulp ontbied.

Die polisie het later na die toneel teruggekeer en gesien ‘n tienermeisie is op die toneel doodgeskiet. Sy is geïdentifiseer as Nqobile Nzuzua (17). Nog ʼn vrou is geskiet en gewond en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Die onafhanklike polisiedirektoraat ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ver Van Ryn ·

Dis reg skiet hulle, as jy wil deelneem aan ‘n onwettige betoging en daarop uit is om ander skade aan te doen het jy nie ‘n verskoning nie. Ek stem saam met Naicker, daar sou geen genade gewees het as die polisie uit hul motor gehaal was nie. Die skare sou hul vermink en vermoor het!

Jasper ·

Verbied alle stakings. As jy ontevrede is oor iets by die werk, volg die kanale. As jy nog nie . tevrede is nie, kry n ander werk en bedank,
Die kommuniste wat die idee van staak aangeblaas het, laat dit self nie toe in hul eie lande nie.
Hierdie plan was gemik om die Weste se ekonomië te verswak.

wllie ·

Wat het hulle gedink? Stenig n polisievoertuig, probeer die mense daarin uittrek om te vbermink of te vermoor, en jy sal niks oorkom nie?

kraalmuur ·

Die sterfte is jammer, maar die insident bevestig andermaal dat die 1960 Sharpeville polisie-optrede geregverdig was, ongeag die politieke hype daarom. Daar bestaan nie iets soos ‘n vreedame protes in SA nie en elke optog in die land plaas nog ‘n regmerkie agter SAPS se 1960 en daaropvolgende optredes.

Amy ·

Die tyd lyk so 4-uur in die oggend (of was dit die middag?) Wat het sy dan daai tyd daar gesoek? En was dit ook dan 4-uur die middag, moes sy besig gewees het om haar dinge reg te kry vir skool wat vandag begin. Nee wat, sy sou net nog ‘n suurstofdief geword het. Iemand wat altyd sou betoog het, selfs as daar daar net ‘n kakkerlak op haar stoep was.

Jammer as ek ongevoelig klink, maar ek het genoeg van die BARBARE se gestaak en betoog en verwoesting en vernietiging en afgebrekery en afbrandery gehad. Lyk my hulle is met motorbande gepla. Seker die gene of bloedlyn? Regtigwaar, GENOEG IS MOS NOU REGTIG MOS GENOEG!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.