Tienermeisie van Ermelo vermis

Tanya-VenterTanya Venter, ʼn 16-jarige meisie van Ermelo in Mpumalanga, word sedert 28 September vermis.

Volgens die organisasie PSARU, wat hom beywer om vermiste persone op te spoor, was sy die laaste keer gesien toe sy omstreeks 09:30 haar ouerhuis verlaat het om na ʼn nabygeleë kosstalletjie te stap. Sy het lang blonde hare en blou oë. Sy weeg 54kg en is 1.58m lank.

“Toe sy die laaste keer gesien is, het sy ʼn ligtegrys denim met ʼn donkergrys sweetpakbaadjie en swart tekkies aangehad,” het PSARU gesê.

Mense met inligting oor waar sy haar mag bevind kan die organisasie by 0860 287 223 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Sterkte aan die familie. So pragtige kind hoop sy word spoedig opgespoor en verenige met haar mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.