Tienermeisie verkrag, vermink, vermoor

Nomvula Mokonyane, die premier van Gauteng, het Woensdag gesê niemand verdien dit om verkrag, vermink en vermoor te word nie.

Dit volg nadat die liggaam van Thandeka Madonsela (14) Saterdag in ʼn veld in Naturena, suid van Johannesburg, gevind is. Haar liggaam is naby die N1-snelweg gevind. Sy is verkrag en haar liggaam het verskeie steekwonde gehad.

Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die meisie is Vrydag verkrag en vermoor. Volgens Mogale is twee tienerseuns, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, Dinsdag in verband met haar moord in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die hof verskyn en is in die sorg van hul ouers vrygelaat tot hulle weer in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tante Afrikana ·

Moordenaars en verkragters in die sorg van hul ouers ??????? Wat de hel, gaan aan in hierdie land?

HELENA SEABORNE ·

mmm maar as dit met witvrouens en kids gebeur is dit maar ok? waaroor gaan die bohaai nou?

Flowerchild ·

Die regering behoort die skuld vir elke moord in hierdie land te dra. Dit is die regering se skuld aangesien die regering di grense oopgegooi het vir almal wat leef!

Herman ·

Daar het ons dit weer,gam in die bos,plorale natuurlik……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.