Tienermeisie verkrag, vermoor

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek aanklagtes van moord en verkragting na hulle Sondagaand op die liggaam van ʼn tienermeisie afgekom het. Die 17-jarige het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.

Luitenant-kolonel Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, sê haar liggaam is omstreeks 20:00 in Lubacweni naby Mount Frere in die Oos-Kaap gevind. “Volgens ʼn mediese ondersoek is die tiener doodgesteek nadat sy verkrag is. Na wat verneem word, het sy Sondagmiddag saam met twee seuns geloop toe twee mans hulle genader het. Die mans het ʼn geweer op die seuns gerig, waarna hulle die meisie met geweld ontvoer het,” het Fatyela gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.