Tienermeisies verkrag glo verstandelik gestremde seun

Twee tienermeisies is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 17-jarige verstandelik gestremde seun verkrag het, het die polisie Sondag in Soweto gesê.

EWN berig die twee meisies, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, was vir ʼn week lank voortvlugtend maar is Saterdag in White City aangekeer. Beamptes sê die seun was bedwelm voordat hy verkrag is. Na die voorval het die seun aan sy ouma vertel wat gebeur het, en sy het die polisie in kennis gestel. Die polisie sê die voorval is soortgelyk aan drie ander onopgelosde sake waar vroue mans bedwelm en verkrag het. Beamptes het egter gesê dat hulle nie glo dié twee tienermeisies word met die ander sake verbind nie. Die ander verkragtings het onderskeidelik in Lenasia en Jabulani, aan die suide van Johannesburg plaasgevind. Slagoffers beweer dat drie vroue hulle in ʼn BMW-sedanmotor opgelaai het, op voorwendsel dat hulle padaanwysings soek, voordat hulle verkrag is. Kay Makhubela van die polisie het gesê die 17-jarige verdagte is in ʼn plek van veiligheid. Hy sê die 18-jarige word by die polisiestasie in Moroka aangehou. Die twee meisies sal Maandag in die Protea landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.