Tieners in hof oor ontvoering, kaping, moord

Drie tieners en ‘n man wat van die moord op ‘n regeringsbeampte verdink word, het Donderdag in die Mankweng-landdroshof verskyn.

“Die vier mans, ‘n 16-jarige, twee 19-jariges en ‘n 20-jarige, se saak is tot 16 Januarie vir hul borgaansoek uitgestel,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. Die vier is Dinsdag in Mankweng in hegtenis geneeem vir die moord op Ephraim Mashiane (54), ‘n direkteur in die provinsie se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme. “Mashiane het op 1 September 2012 vermis geraak. Sy uitgebrande motor is later in GaMothapo, sowat 35km oos van Polokwane opgespoor,” het Mulaudzi bygevoeg.

Sy liggaam het ‘n maand ná sy verdwyning, sowat 150km van waar sy motor opgespoor is, in Schoonoorddam in Sekhukhune gedryf.

Mashiane is verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek. Hy is vermoedelik gekaap voordat hy vermoor is.

Die vier mans word van ontvoering, kaping en moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.