Tieners moor man glo “uit verveling”

Chris Lane

Drie tieners van Oklahoma in Amerika het Dinsdag in die hof verskyn nadat hulle glo ʼn atleet van Australië vermoor het “omdat hulle verveeld was”.

Christopher Lane (22) is Vrydag in die middel van die dag in Duncan, Oklahoma, in sy rug geskiet, het die BBC Woensdag berig. Lane is ʼn sagtebalspeler by ʼn kollege en het gaan draf om fiks te bly.

Volgens die polisie het een van die beskuldigdes erken hulle het Lane “vir die pret” vermoor. Chancey Luna (16) en James Edwards (15) word van moord in die eerste graad aangekla en Michael Dewayne Jones (17) word as ʼn medepligtige tot die misdaad hanteer. (Foto’s van die beskuldigdes volg onderaan die berig.)

Lane, oorspronklik van Melbourne in Australië, het by sy vriendin se familie in Duncan gekuier. Hy sou binnekort met sy finale jaar aan die East Central University in Ada, sowat 137km oos van Duncan, begin het.

Al drie beskuldigdes sal as volwassenes verhoor word, weens die erns van die misdaad. Jones het Dinsdag tydens die verhoor begin huil toe hy oor die voorval gepraat het, maar die regter het hom onderbreek en gesê die feite van die saak sal tydens ʼn ander geleentheid bespreek word.

Borg vir Jones is teen $1 miljoen (bykans R10 miljoen) toegestaan. Die ander twee tieners se borgaansoek is afgekeur.

“Een van die verdagtes het gesê hulle het Lane lukraak vermoor,” het Danny Ford, hoof van die polisie in Duncan, Maandag op televisie gesê. “Hulle het hom sien verby hardloop en een van hulle het gesê, ‘daar is ons teiken’. Die seun wat met ons gepraat het, het gesê hulle was verveeld en het niks gehad om te doen nie, so hulle het besluit om iemand te vermoor.”

Volgens Ford het hulle Lane in ʼn motor agtervolg en hom een keer in die rug geskiet voordat hulle weggejaag het.

Ooggetuies het Lane te hulp gesnel nadat hulle gesien het hoe hy ineensak.

Die Herald Sun in Melbourne het berig dat rose en ʼn sagtebalpet op die plaat, waar Lane as ʼn klein seuntjie gespeel het. “ʼn Wonderlike jong man is te vroeg geneem. Waarom?” is die boodskap wat by die blomme neergesit is.

Peter Lane, die slagoffer se pa, het gesê daar is geen verduideliking vir sy seun se dood nie. “Dit is harteloos en om dit te probeer verstaan sal jou van jou verstand af dryf,” het hy aan Sky News in Australië gesê.

V.l.n.r. James Francis Edwards, Michael DeWayne Jones en Chancey Allen Luna

Blomme ter nagedagtenis aan Chris Lane

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg Net ·

Dan het ons darem baie swart vervelige mense in hierdie land.

Trippie ·

Dis seker nie reg om te lag nie, maar ek HET nou gelag vir jou opmerking !

Ergste is, JY IS REG !

Griet ·

Hulle is VERVEELD, seker vervelig ook, maar hulle jaag twak aan omdat hulle VERVEELD is……..

JAVR ·

Jip daarmee stem ek volmondig saam. Wonder net of ons jeug nie ook so word nie met die afskaf van ‘n goeie pak slae?

Johan ·

Mense gaan ondersoek self bietjie die verband tussen die Evolutieleer (met ‘n hoofletter E want dit is ‘n geloof) en die geweldsmisdade oor die wereld.

Stalin, Hitler, Pol Pot
Die Colenbine killers
ens
ens
ens

Die kinders word in skole, SELFS JULLE KINDERS, geleer onse God bestaan nie. Reg en verkeerd is dan dus nie ‘n absuluut nie want dan is niks absoluut nie. Elke mens besluit self wat is reg en verkeerd.

HAAL JULLE KINDERS UIT UIT DAAI LEER UIT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.