Tieners se borg afgekeur

Ses tieners wat van die moord op drie kinders verdink word, se borgaansoek is Vrydag in die landdroshof in Mookgophong afgekeur.

“Die ses sal weer na ‘n plek van veiligheid geneem word,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. Die kinders is tussen 12 en 14 jaar oud. Die saak is tot 1 Februarie uitgestel.

Die groep het glo Bafana Kekana (9), sy broer Hosea Kekana (10) en hul niggie, Johanna Kekana (12) in Augustus vermoor. Die drie het by die Montadi-jeugsorgsentrum gewoon voordat hulle gestenig is. Hul hande en voete was met skoenveters vasgebind. Johanna is verkrag voordat sy vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.