Tieners vas oor moord

Drie tieners is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n 56-jarige man.

“Die drie, tussen 15 en 17 jaar oud, is by Mangweni naby Butterworth in hegtenis geneem net nadat die man, wat ‘n paar keer met ‘n skerp voorwerp gesteek is, Saterdagoggend op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “’n Inwoner was Saterdagoggend op pad werk toe, toe hy die man langs die pad sien bloei het.” Hy is in ‘n privaatmotor na die Butterworth-hospitaal geneem, maar is op pad oorlede. Hy is ‘n paar keer in die bors gesteek.

“Die ondersoek het na die inhegtenisneming gelei. Hulle is later in hul ouers se bewaring gelaat,” het Manatha bygevoeg. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Butterworth op ‘n klag van moord verskyn. Die motief vir die moord is onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.