Tieners wat glo kinders vermoor in hof

Ses tieners wat van die moord op drie ander kinders in Mookgopong in Limpopo aangekla word, het Donderdag in die landdroshof verskyn.

Die saak is tot 3 Januarie 2013 uitgestel, het brig. Hangwane Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die jeugdiges word tans in ʼn plek van veiligheid gehou. Die ses, tussen 12 en 14 jaar oud, word daarvan verdink dat hulle die broers Bafana Kekana (9), Hosea Richard Kekana (10) en hul niggie, Johanna Kekana (12) in Augustus vermoor het. Die kinders is met klippe doodgegooi. Johanna is ook verkrag voordat sy vermoor is.

Die Kekanas het by die Montadi-jeugsorgsentrum gebly.

Die beskuldigdes het in dieselfde gebied gebly. Die polisie glo vyf van die beskuldigdes was haweloos en een in die skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.