Tienerseun (18) het vermoedelik in W-Kaap verdrink

ʼn Tienerseun het vermoedelik verdrink nadat hy Woensdag by Silwerstroomstrand naby Atlantis verdwyn het, het die Wes-Kaapse nooddienste gesê.

Keri Davids, woordvoerder, het gesê ʼn helikopter en reddingspan is reeds sedert 13:00 op soek na die 18-jarige seun. “Die saak word nou aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens en hul duikspan oorhandig,” het sy gesê. Volgens luit.kol. André Traut is dit nie duidelik wat met die seun gebeur het nie. “Ons sal die saak eers begin ondersoek sodra sy liggaam opgespoor is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.