Tienerseun (18) steeds soek na hy glo verdrink het

Die soektog na ‘n tienerseun wat vermoedelik by Silwerstroomstrandoord naby Atlantis in die Wes-Kaap verdrink het, duur voort, het die polisie Donderdag gesê.

“Duikers soek steeds kuslangs, maar daar is nog geen teken van ‘n liggaam nie,” het luit.kol. André Traut gesê. Die 18-jarige seun het Woensdag verdwyn nadat hy, ten spyte van gure omstandighede, in die see gaan swem het. Craig Lambinon, woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut, het gesê dat lewensredders die strand gesluit het weens hoë branders en sterk trekstrome. Die tiener is glo laas gesien toe hy deur die branders teen die rotse vasgeslinger is en toe onder die water verdwyn het. Die seun is van Darling, ‘n klein dorpie bykans 75km noord van Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.