Tienerseun óók vas vir Clarens-moord

Prof. Daan Wybenga

Prof. Daan Wybenga

ʼn 17-jarige seun is in hegtenis geneem as die derde verdagte vir die moord op Daniel Wybenga (69), ʼn afgetrede universiteitsprofessor van Clarens in die Vrystaat.

“Die seun is Saterdag in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het,” het sers. Majang Skalkie, ʼn polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Die seun is lagter in die toesig van sy ouers vrygelaat.”

Prof. Wybenga, ʼn voormalige dosent aan die Noordwes Universiteit, is op 7 Oktober dood aangetref op die badkamer vloer van sy huis in Clarens. Hy het alleen gebly. Sy voete en hande was met toue vasgebind en die polisie vermoed hy is dalk verwurg.

Twee mans is kort na die voorval in hegtenis geneem. Die mans het in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, huisbraak en motordiefstal. Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Lees ook:
Twee vas vir Clarens-moord
Clarens-bejaarde dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.