Tienerseun sterf na aanranding

crime-scene-tape-320x191ʼn Tienerseun is dood en nog een is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Saterdagoggend deur twee mans in Dobsonville, Soweto aangerand is.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die twee 16-jarige seuns het elektriese toebehore gedra toe hulle deur die twee mans voorgekeer is. Die mans het die tienerseuns glo voorgekeer omdat hulle vermoed het die toebehore is gesteel. Die mans het die seuns toe glo erg aangerand en een van die seuns is op die toneel dood. Die ander seun is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy in ʼn kritieke maar stabiele toestand is. Makhubela sê dit is nog nie duidelik of die goedere wel gesteel was nie. Twee mans, onderskeidelik 30 en 38, is in hegtenis geneem in verband met die aanval en sal Maandag op aanklagte van aanranding en moord in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.