Tienerseun vermoor glo pa

ʼn Tienerseun het glo Sondag sy pa met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en sy agtjarige sussie beseer toe sy probeer keer het in Hartbeespoortdam in Noordwes.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die 17-jarige het glo laat by die huis aangekom waarna ʼn hy en sy pa in ʼn argument betrokke geraak het. “Die verdagte, wat glo onder die invloed van dwelms was, het die slagoffer op sy rug en bors gesteek en hy is op die toneel dood.” Makau se tienerseun se suster het tussenbeide probeer tree en is in die keel en middellyf gesteek. Sy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die tienerseun is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.