Twee tienerseuns sal na verwagting Woensdag in die Bishop Lavis landdroshof verskyn nadat hulle glo ʼn 16-jarige seun tydens ʼn geveg by die skool met ʼn mes doodgesteek het.
ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol Andre Traut, sê die twee beskuldigdes, ook 16, is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn medeleerling met ʼn mes gesteek het tydens ʼn rusie by Hoërskool Valhalla Park. Hy sê die twee seuns sal eers gevalueer word voor hulle in die hof verskyn. Die slagoffer was ʼn graad 9 leerling, Raylin Fortuin. Traut sê ʼn derde 16-jarige seun wat glo by die rusie betrokke was word tans in die hospitaal behandel en sal later in die hof verskyn.