Tier verskeur man in dieretuin

Yingying, 'n seldsame tier van Suid-China

Yingying, ‘n seldsame tier van Suid-China

ʼn Bewaarder by ʼn dieretuin in China is dood toe ʼn tier hom aangeval het terwyl hy sy hok skoongemaak het.

“Die negejarige tier het die man verskeur,” het beamptes van Shanghai-dieretuin Woensdag gesê.

Die Shanghai Daily het gesê die slagoffer was ʼn 57-jarige man genaamd Zhou, wat oor drie jaar sou aftree. Zhou is verskeur voordat die tier gevoer is, maar die dieretuin het glo hongerte as motief uitgesluit. “Dit is onwaarskynlik dat die tier Zhou sou aanval uit hongerte, aangesien die tiere een maal per dag gevoer word, buiten Vrydae, om hulle te leer om kos te jag deur die omgewing in die natuur na te boots,” het Tu Rongxin, direkteur van die voedingsafdeling by die dieretuin, gesê.

Zhou het al die afgelope byna vier jaar vir die tier gesorg.

Die tier, genaamd Yingying, is in die dieretuin gebore en het tot dusver nog geen tekens van aggressie getoon nie. Die tier sal nie van kant gemaak word weens die voorval nie.

Die dieretuin sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Dis baie jammer dat die man op hierdie wyse gedood is, nietemin, ek is VERHEUG dat die tier nie van kant gemaak gaan word nie.

akram ·

WAT? n Lewendige tier in China? Dalk word hy vet gevoer dat sy kloue en tande later in n poeier gemaal kan word om vir een of ander kwaal gebruik te word. Gemaalde tier tande en n knippie renosterhoring met n dash van n gepoachde olifant tand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.